Verlede week het ek goed afgesluit met nog 'n 30 min stap, maar die naweek was nou 'n regte "LUI" naweek. Vanmiddag het ek hier met 'n vaart weggespring - die weer lyk nog goed, res van die week klink of dit dalkies weer sleg kan wees - maar toe loop ek 'n skoolvriendin raak.... nodeloos om te sĂȘ dat ek toe die res van my halfuur gestaan en kuier het :-)) Maar dit was lekker. Die Volksblad kunstefees is besig om sy vere reg te skud en oral slaan mense stalletjies op - ek sal dus my stappies in die middae deur die stalletjies doen - ek weet net nie hoe "vinnig" dit dan sal gaan nie. Gelukkig is die goed te duur en my geld maar min, dus is dit redelik veilig!
Maar solank ons dit geniet.... sal ons (dis nou ek, myself en ekke) stap!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment