Vandag was darem al die derde keer die week wat ek gestap het. Gister moes ek bank toe om 'n probleempie op te los, maar vanmiddag het ek 'n volle 30 minute gestap. Moet sĂȘ, na 20 minute was dit maar bietjie vervelig, maar ek het die roete so gedoen dat ek nie 'n kortpad op die einde kon vat nie! Die weer is nogal lekker, hoewel die steek in my ore tog kop uitgesteek het hier op die einde, maar dis darem al klaar weer iets van die verlede, dus is als okay.
Is maar 'n proses om so aan die gang te kom en sal seker 'n rukkie vat voor dit roetine is - en dalk word dit lekker ook :-)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Jy kan altyd 'n stapgroepie begin, is lekkerder as daar mense saam is. Dan kom doen julle almal die Comrades! hehe :)
ReplyDelete