Gister het ek 'n roete van 2 km met my kar afgemeet en dit toe vandag gestap - met die stophorlosie :-) 18 minute en 18 sekondes. Was nou natuurlik nie teen wedloop-spoed nie, maar dit is 9 minute per km en beslis nie 'n gemaklike uur en half vir 'n 10 km wedloop nie. Gelukkig is die eerste 10 km eers 29 Augustus... teen daardie tyd behoort ek seker al so hier en daar 'n paar tree te kan draf, want my mikpunt is dat ek die 10 km in 1:20 sal doen. My vinnigste nog was net so onder 1:30..... maar toe het ek nie gedraf ook nie - as ek dus op elke km 'n minuut kan score deur te draf... walla, dan sal ek dit maak.
Het darem op die ou end my 30 minute vir die dag gestap, weet net nie hoe ver die laaste end was nie - was nie lus om om te draai en dieselfde 2 km weer te stap nie :-))
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Hehe, ons is ook daar vir jou eerste 10 km, maar ek dink nie ons gaan saam draf nie. :)
ReplyDeletehehehe... toemaar, ek gaan beslis nie heeltyd draf nie, vir elke 10 minute dalk 'n minuut! SĂȘ vir Burrie dit mag dalk 'n goeie begin vir hom wees, hy kan sy skoonsus join!
ReplyDelete