Wednesday, June 10, 2009

alweer ysig

Ai, teen hierdie trant sal ek nooit fiks word nie - so lekker as wat die weer gister was, so sleg is dit vandag. So fyn misreƫntjie wat val en ysige koue buite. Beslis nie die weer waarin ek my oor middagete gaan begewe om te gaan stap nie :-))
Gelukkig kry ek heelwat oefening in badkamer toe en terug -- my gewone liter water word vandag goed aangevul deur koppies lekker warm koffie of tee.... so tussen die werk deur. As tik nou mens kon fiksmaak, sou ek in 'n baie beter "toestand" gewees het.

Sal dus maar kyk of ek vanaand lus is vir die "stapmasjien"... dis ten minste in die huis en maak jou na 'n rukkie sommer lekker warm ook - net jammer my ma soek dit nie in die sitkamer voor die TV nie - dan sou ek ook al fikser gewees het :-)) Maar dit help seker nie ek maak verskonings nie.....

...... kom ek gaan maak maar eers weer 'n koppie koffie.

No comments:

Post a Comment