Ai, met die weer wat nie saamspeel nie, is my hele "oefenprogram" daarmee heen. Nie dat dit nou al vreeslik op dreef was nie, maar ten minste het ek aan die stap gekom. Nou sal ek beslis maar eers wag tot die koue fronte gewyk het en dan weer die pad aanpak. Sekere goed moet mens nie in die winter begin doen nie - bv nou die oefenery... as ek opstaan in die oggend is dit nog donker, dus is dit buite die kwessie om dan te gaan stap. In die aand is dit al weer besig om donker te word.... help dus ook nie. En middagetes - wel ja, as die weer saamspeel is dit in die winter die beste tyd. Maar ook net terwyl ek stap - ek dink draf laat mens beslis - of is veronderstel - meer sweet, en dan gaan dit nie hier by die werk pas nie :-)) Dit is nou natuurlik te sĂȘ as ek ooit by draf uitkom.
Ja, mens mag maar droom.... dis gelukkig nie 'n lewensnoodsaaklikheid nie, die drawwery nou natuurlik.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment