Thursday, June 11, 2009

en ons wag vir beter dae

Beter dae - of raak ek nou al klaar lui? Dis nog steeds koud en toegetrek buite - beslis nie die tipe weer wat my buite toe dring nie. Wonder hoe kom die ouens in plekke soos London fiks - ek stel my voor dat dit ongeveer 80% van die tyd daar so lyk soos vandag by ons. Ek moes dalk ook nie winter as begintyd gebruik het nie - maar die somer kan weer te warm wees... nee wat, sal dus nou begin fiks word sodat ek in die somer al kan draf en dit dan met "oggendstond het goud in die mond" tyd doen - dalk kan my "nie-oggendmens" verander om ook die mooiste tyd van die dag te geniet... as mens mos nou 'n doel het om voor op te staan, dan is dit makliker - hoop ek.

Gisteraand toe darem die stapmasjien bestyg - nie vir te lank nie, want ek is seker dis meer draf as stap wat mens daar doen - gelukkig help dit ook om die koue uit mens lyf te kry. Sal dit dus vanaand weer doen - net bietjie langer.

1 comment:

  1. Ek sou nogal met daardie masjien lekker geoefen het, het altyd 'n veel erger een in die gym gehad wat mens laat voel het jy hardloop meer as stap. Gelukkig het my stappie in die oggende 'n lekker opdraend as 'n begin. :)

    ReplyDelete