Nou ja, vandag het ek so entjie verder gestap - 23 minute in totaal.
Dis nie so maklik oor 'n middagete nie, want stap ek te vinnig, kry ek te warm en dan is daar nie plek vir stort nie -- kan darem ook nie my arme kollegas daaronder laat ly nie :-) Stap ek net so lekker gemaklike pas, word ek nooit fiks nie. Bloemfontein se lekker wintersdae het dus nie altyd 'n voordeel nie. Sal maar nuut moet beplan oor die een. Of nog 'n hempie bring vir die staptyd.
'n Mens stap ook heelwat verder in 'n kort rukkie as wat jy dink. Het omtrent reg rondom die kampus gestap en dit was net 23 minute...... was ook gelukkig nie moeg nie, dus sal ek dit elke dag so bietjie langer maak. Hulle sĂȘ mos in die begin is tyd belangriker as afstand - ook maar goed, want ek weet glad nie hoe ver ek gestap het nie.
More middagete gaan ek 'n werkswinkel bywoon, sal dan maar 'n ander tyd kry om te stap.. of sal dit my "afdag" wees?? Sal more sien.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Jy kan altyd in die oggend begin stap, beste tyd van die dag. :)
ReplyDeleteJa ja.... as daar net so 10% van my was wat 'n oggendmens was, het ek dit dalk reggekry. As dit dalk dan al lig en bietjie warmer is sal dit ook help, maar hierdie koue en donkerte wat tot omtrent 6:45 duur - nee wat, dan doen ek dit eerder na werk :-)
ReplyDelete