Nou ja, het sopas 25 min gaan stap. Vandag is die weer 100% beter as gister en ek kan die dag as 'n "lekker" wintermiddag beskryf. Net koel genoeg dat die stap nie te warm word nie :-)
Het omtrent weer reg rondom die kampus gestap - sal dus 'n langer roete moet kry as ek my tyd langer wil maak. Het vanoggend natuurlik ook weer die 4x600m roete gedoen met die trollie. Ek sal seker later daaraan moet dink om met my tekkies te begin stap in plaas van my hiking boots... laasgenoemde stap net sooooo lekker, maar ek dink nie dis eintlik ge-"veer" nie en ek wil nie volgende week met my shints begin sukkel nie - sal dus die tekkies moet aantrek en uittrap. LĂȘ al amper 2 jaar in my kas en het nog nie veel teer onder hulle gevoel nie.
Het gister gelees dat tyd in die begin van 'n oefenprogram belangriker is as afstand... ook maar goed so, want my spoed is nog nie naby skilpad wat vir hasie wen nie... sal maar eers bietjie aan die tyd werk en dan later so bietjie vinniger - probleem is net dat mens ook net so vinnig kan stap voor jy moet begin draf... ek is nogal stapfiks, sal dus maar eers net die roete langer maak en nie vinniger nie :-))
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Hehe, ons het ook 'n lekker dag gehad, was vanoggend in somersklere, maar nou kom daar hopelik reen aan in die wolke wat aankom.
ReplyDelete