Ja, vandag het ek in die ander rigting gestap - na die ander winkelsentrum toe. Gister was ek nie suksesvol in my aankope nie, maar het darem vandag reggekom. Die stappie was so bietjie langer - so 15 minute daarheen, 5 minute se aankoop, en 15 minute terug. Die weer is nie heeltemal so lekker soos gister nie, met die dat ek met steek in die oor teruggekom het by die kantoor - dit het darem intussen verdwyn. Moet dalk 'n top met 'n kappie oorweeg as ek wil gaan stap, ek sukkel maar altyd met die koue en my ore :-)
Ek wil nie te vroeg begin praat nie, maar dit lyk my ek is dalk weer aan die gang met my stappies.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Was jy mall toe? :)
ReplyDeleteAmper, by Brandwag gestop, was die vorige dag Bloemgate toe :-)
ReplyDelete