Monday, June 8, 2009

En dit is te koud.....

Verlede week het goed begin, toe het ek 'n werkswinkel en Vrydag te veel werk, hoewel ek darem 4x600m gestap het en 'n trollie met swaar goed moes stoot - moet sĂȘ, dit het my meer uitasem gehad as my gewone stap oefening.
Die naweek en vandag is net TE koud - die wind fluit hier om die hoeke van die gebou en die wolkies lyk na sneeu :-)) Ek sal maar vanaand op die oefenmasjien moet gaan stap - daardie wat jy nerens kom nie, maar nogal moeg word. Ek wonder nou nogal hoe oefen mense so deur die winter, ek is beslis nie 'n ysbeer nie en kry net te koud... hoewel die oefening mens dalk lekker warm kan maak.... dalk later as ek kan draf en nie net stap nie.
Ek gaan dus nou maar vir my 'n koppie koffie maak en my toebies eet....

1 comment:

  1. Hehe, die koue het ons ook nou behoorlik getref, dis nogal 'n probleem om so naby die Drakensberge te bly as dit sneeu... Ek sal maar sien of ek die hele draf ding gaan doen, met my wonderlike liggaamsbou is dit nogal amper pynlik. Moet dalk maar bly by stap en net fiks word.

    ReplyDelete